Kommunikasie (Nie net spraak nie, maar ook fisies)
Selfbeeld, induvidiele- en groeps werk
Postuur
Leerders leer deur te speel
Meeste kinders sit voor die TV en rekenaars, nou kry hulle die kans om
te beweeg
Gee leerders 'n beter begrip van Fisieke teater en Mimiek
Die leerder neem nie net fisies deel aan die klas nie maar word ook toegerus
met teorie
Groepe is nie groter as 30 nie - sodat intensiewe aandag aan elke leerder
gegee kan word
Werkswinkel is nie langer as 4 - ure nie met nodige
breuke tussen in.
Fisieke Teater is 'n algemene term wat gebruik word vir enige vorm
van optrede/opvoering van storievertelling deur hoofsaaklik die gebruik
van die liggaam. Daar is 'n hele paar defenitiewe tradisionele vorme van
optrede, wat beskryf kan word as Fisieke Teater. Dit kan lei tot groot
verwarring oor wat Fisieke Teater regtig is.
Fisieke Teater is 'n kunsvorm wat jaarliks
wêreldwyd groei. In Europa, veral, word Fisieke Teater beskou as
'n erkende kunsvorm. Die kunsvorm word meestal gesien op Feeste soos,
"The London International Mime Festival" en die "Edinburgh
Fringe Festival". Groepe soos "Complicite", "Theatre
du Soleil," en "La Fura del Baus" is al vir dekades bekend
as skeppers van nuwe en iniverende Fisieke Teater stukke waarmee hulle
regoor die wêreld toer.
* Fisieke Teater word gewoonlik eerder
geskep (of aangepas), as wat dit net van 'n bestaande teks geneem word.
* Fisieke Teater maak gebruik van musiek, dans, visuele kuns en teater.
* Fisieke Teater daag die tradisionele teaterganger gehoor se speler/gehoor
verhouding uit.
|